sy werk met verf op doek
met ligte somerkleur
en vaste hand
skilder sy
‘n reuse ronde sfeer
so lig
so sag
so kwesbaar fyn
dit slaan my asem weg
elke dag gaan sy terug
sy soek na skaduwees agter die lig
ek hoor haar grawe in haar grot
jy sal dit nie meer herken nie
waarsku sy
ek skrik
wil haar keer
los die lig
wil ek sĂȘ
dis so ragfyn
so kwesbaar en jonk
maar ek bly stil
kyk net na die hoekige donker
wat stadig groei
en die ligte sfeer
al hoe helderder laat skyn
Hester van der Walt
No comments:
Post a Comment