Thursday 29 October 2015

afrika-dig by Lara Kirsten

afrika-dig

Lara Kirsten

ek wil ’n gedig skryf wat soos afrika ruik

wat soos die heuwels van afrika

onder my voete pols

’n gedig wat soos afrika jou laat voel

dat jy tuis gekom het

’n gedig wat afrika-vas is op my tong

wat gloei soos die afrika-son op my rug


my tong is warm afrika-klip waarop die son vurig pyl

en die sonbesies teen die boombas van my keel sing

sing sing sing

die afrika lug en doringbome en krieke

en woestyn-stilte

sing sing sing

afrika uit die woude van my afrika-tong


my gedig wil soos aalwyne die lug steek

met bloedklanke die ondergaan van my sonswoord

tot stilte en vrede roep

my woorde wil jou roep soos die skaars watergate

in die dorre landskap en die klanke wil dorstig

opgelek word deur die tonge van skugter koedoes


met hierdie gedig wil ek nie sin maak met woord

ek wil my tong soos ’n rotsblok laat tuimel

met die steil kranse af

en met die val wil

ek leer om weer aarde-taal te praat

afrika-aarde taal



From: McGregor Poetry Festival 2014 Anthology


First published in 2015 by African Sun Press
in association with The McGregor Poetry Festival Committee
ISBN 978-0-620-64600-0

The Poet:


Lara Kirsten is a pianist and performance poet. She holds a BMus (Honours) from the University of Pretoria. As a solo pianist and accompanist for singers and instrumentalists,
she performs all over South Africa. As a poet, she has performed in the Netherlands and at many venues in South Africa. She belongs to the Eastern Cape poetry group, Ecca, and has recorded a CD of her own poetry.

Sources of previously published poems: 
afrika-dig from Spaces, Ecca Poets, Hogsback 2009, ISBN 978-0-620-44997-7.

Tuesday 6 October 2015

Antjie Krog at the McGregor Poetry Festival 2015

Antjie Krog het met die 2015 Gedigtefees ‘n gehoor van 300 kinders in die palm van haar hand gehad met die energieke aanbieding van haar program Feetjies en Monsters.

At the 2015 Poetry Festival, Antjie had an audience of over 300 children in the palm of her hand with her energetic presentation of her programme “Fairies and Monsters”