Monday, 1 June 2015

Credo


ek wat mens is
wil die lewe vier met mense
wil deur die oog tot skrywe gaan
wil verse gebruik as instrument
om pas aan die hart te gee

Ek wat ook gees is
wil die dood tot lewe maak
wil deur die graf tot skrywe bly
wil só vers-in tot testament
gegrif in die firmament

en daagliks op my reis van mens tot ster
moet ek ook woord tot waarheid dwing
om die self se laaste
donker
geheime te ontgin





From: McGregor Poetry Anthology 2013

Published by African Sun Press in association with the McGregor Poetry Festival

ISBN number 978-0-620-62302-5


The Poet:



Engemi Ferreira is gebore in Bloemfontein, getoë in Namibië en het studeer in Pretoria, o.a. drama, kuns en sang. Haar eerste gedigte is inTydskrif vir Letterkunde gepubliseer toe sy vyftien jaar oud was en haar debuutroman Die jaar toe my ma begin sing het, het verskyn toe sy vyf en vyftig was. Tussenin lê ’n rekenaar vol verse, stories en songs



No comments:

Post a Comment