Friday 6 November 2015

Die Laingsburg-vloed by Diana Ferrus

Die Laingsburg-vloed

1981

Auntie X se storie

Diana Ferrus


Alreeds ’n ouma, haar seun se ma

hy had ’n vrou, kinders, iets om voor te strewe

in hierdie dorp het hulle gelewe

deur die wet geklassifiseer as ‘bruin’,

dis toe dat die frons op die voorkop verskyn

in haar blou oë was net pyn

“eers het sy in die modder verdwyn,

deur hierdie vloed ondermyn.

toe raak my seun net weg

en ja die doemprofete was reg

my seun se stem was stom,

in die Kaap het hy aan ’n mes omgekom”


Toe word sy weer ’n ma

die jongste was ’n baba, die oudste tien

tot diep in die nag moes sy na hulle omsien,

vir haar was daar geen ander uitweg,

wat sy gedoen het was net reg.

Sy het geen ondersteuning gekry

selfs al het sy meëdoenloos gestry

want in hierdie dorp het sy geleer

wat dit beteken as ander jou as ‘bruin’ klassifiseer.

Dis op haar kierie wat sy nou leuen

met haar blou oë wat wil-wil ween

“as ons net kon geweet het van daardie soorte reën”.



From: McGregor Poetry Festival 2014 Anthology

First published in 2015 by African Sun Press
in association with The McGregor Poetry Festival Committee
ISBN 978-0-620-64600-0

The Poet:

Diana Ferrus is a writer, poet, performance poet, story-teller, editor and publisher, best known for her epic poem about the Khoisan woman, Sarah Baartman, whose remains were on display in Paris until 1986. She is a founder member of the Afrikaanse Skrywersvereniging, Bush Poets and Women in Xchains. Her works, in both Afrikaans and English, have been published in various anthologies and a collection, Ons Komvandaan.






Previously published:

Diana Ferrus: I’ve come to take you home; Obsession; and The journey from her collection I’ve come to take you home.

No comments:

Post a Comment