Koos van der Merwe



Koos van der Merwe

Hoekom dan gedigte? (Saterdag 27 Augustus)

Hoekom iets met ‘n gedig wil sê? As jy dan kan e-pos, tweet, sms of gewoon net kan praat, hoekom dan gedigte? Koos reis saam met jou na plekke waar jy weet gewone woorde nie genoeg is nie. Soms voel die hart te diep om net gewoon te sê. Soms skyn die lig te helder vir ‘n alledaagse sin, en soms is dit te donker vir praatjies maak. Die hart is só dat dit soms niks kan sê en niks kan hoor nie... as net gedigte. 

Koos van der Merwe sing Bob Dylan in Afrikaans – Vrydagaand 26 Augustus

Magies. Betowerend. So reageer musiek-kenners en taalkundiges op die poëtiese Afrikaanse herskeppings van Dylan meesterstukke soos ‘Tamboerynman’ (Mr. Tambourine Man), ‘Verlore In Die Wind’(Blowin in the wind) en ‘Dat Jy My Liefde Voel’ (Make You Feel My Love). Selfs geharde Dylan aanhangers sal hierdie huldeblyk as hoogtepunt beleef.

Koos van der Merwe, bekroonde liedskrywer, digter, solo kunstenaar asook vir meer as 10 jaar reeds rubriekskrywer vir SARIE tydskrif.
As lid van die groep Prophet het Koos meer as 50 000 albums verkoop, met treffers soos "Houtkruis" uit sy pen. Gedurende 2012 begin Koos met die vertaling van Cohen se grootste treffers. Bekende Cohen gunstelinge soos "Dance me to the end of love", "Suzanne", "Hallelujah" en "Famous blue raincoat" word nou verewig in Afrikaans met Koos se ongelooflike skryfvernuf en digterlike aanslag. In November 2014 bereik die Leonard Cohen in Afrikaans album GOUD STATUS net betyds voor Koos se nuutste skepping die lig sien: ‘TAMBOERYNMAN’. Koos sing nou ook Bob Dylan, in Afrikaans en ontvang net lof vir sy meesterlik en akkurate vertalings in die taal van sy hart – Afrikaans. 

Oor Koos as digter: (Terug by Mc Greggor Gedigtefees 2016 op populêre navraag)

Dr. Koos van der Merwe het reeds 3 digbundels publiseer. Die eerste twee was ‘Optelwoorde en ‘Pelgrimverse’. Sy derde bundel – ‘Rympies in die vliet’ bevat sowat 365 gedigte en is in die vorm van ‘n joernaal. Regdeur die bundel is daar plek vir jóú rympies, joernaalinskrywings en kommentaar te skryf.